SONKRAG WATERPOMP
Solar waterpompe behels die gebruik van 'n gespesialiseerde pomp
wat water pomp deur die gebruik van sonpanele en sonlig.
Grundfos SQ FLEX dompelpomp vir boorgate
Die Grundfos SQFlex pump is na alle waarskynlikheid die mees gevorderde sonkrag waterpomp wat ooit gebou is en kan werk vanaf 30-300V DC en 90-240V AC. Tans is daar verskeie pompe in die reeks wat elkeen ontwerp is vir 'n sekere kophoogte en vloeitempo. Tans kan water gepomp word tot 'n kophoogte van maksimum 200 meter. Op vlak kophoogtes kan 'n vloeitempo van tot 140,000 liter per dag gepomp word afhangende van die grootte van die sonpanele.
SHURFLO DC DOMPELPOMPE
Die Shurflo pomp word gebruik in toepassings met 'n lae kophoogte (35 m) en waar min water (1500-2500 L/dag) benodig word.